Aankoper - Onderdele Brandfort
per year
per year
AANKOPER ONDERDELE Brandfort, Vrystaat WOON JY IN BLOEMFONTEIN? Moenie dat die Brandfort-ligging jou afsit nie! DAAGLIKSE VERVOER VANAF BLOEMFONTEIN NA BRANDfort EN TERUG IS BESKIKBAAR.
Jy kan dus in Bloemfontein woon en steeds vir hierdie geleentheid aansoek doen! OOR DIE POS n Goed gevestigde onderneming in Brandfort is op soek na n betroubare, georganiseerde en detailgerigte Aankoper om by hul Onderdele-afdeling aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die verkryging en aankoop van motor-, landbou- en masjinerie-onderdele, asook voorraadbeheer en die bestuur van verskaffers.
BELANGRIKSTE VERANTWOORDELIKHEDE Verkry en aankoop van motor-, landbou- en masjinerie-onderdele by plaaslike en internasionale verskaffers. Versoek en vergelyk kwotasies van verskillende verskaffers. Onderhandel pryse, beskikbaarheid en afleweringstye.
Monitor voorraadvlakke en verseker dat nodige onderdele beskikbaar is. Plaas en verwerk aankoopbestellings. Hou akkurate aankoop-, voorraad- en verskafferrekords.
Bou en handhaaf goeie werksverhoudinge met verskaffers. Volg uitstaande bestellings op en verseker tydige aflewering. Skakel met die werkswinkel-, diens- en verkoopspanne rakende onderdele wat benodig word.
Help met voorraadopnames en voorraadoudits. Ondersteun voorraadverslae en algemene administrasie. Identifiseer geleenthede vir kostebesparing.
Monitor markpryse en beskikbaarheid van onderdele. Verseker dat aankoopprosedures en maatskappybeleid nagekom word. MINIMUM VEREISTES Graad 12 / Matriek.
25 jaar relevante ervaring in aankope, parts buying, procurement of n soortgelyke pos. Ervaring met motor-, landbou- of masjinerie-onderdele sal n sterk voordeel wees. Geldige bestuurslisensie.
Goeie syfer- en analitiese vaardighede. Uitstekende aandag aan detail. Goeie rekenaarvaardighede.
Goeie kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede.
DIE IDEALE KANDIDAAT Ons soek iemand wat
Betroubaar en goed georganiseerd is. Selfstandig kan werk en verantwoordelikheid kan neem. Selfversekerd is wanneer daar met verskaffers onderhandel word.
Goeie kommunikasievaardighede het. Onder druk kan werk en spertye kan haal. Sterk beplannings- en probleemoplossingsvaardighede het.
Goeie besluitnemingsvermoë het. Kennis van aankope en voorraadbeheer het. Detailgerig is en akkurate rekords kan handhaaf.
Goed in n span kan funksioneer.
Submit your application for this position at Workers Holdings
Submit your application for this position