Administrative Clerk / Administratiewe Klerk

R60K - R84K

per year

Job Description

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE AREA

Pretoria Moot Kort Beskrywing van Pos

Ons is op soek na 'n gemotiveerde Administratiewe Beampte om ons span te versterk. Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die kollekteer en verwerking van inligting, die bestuur van vakatures, kliëntekommunikasie, die aankoop van materiaal, en sosiale-mediabestuur. Jy sal ook 'n rol speel in logistiek en die invoer van daaglikse transaksies op ons sagteware.

Pos Pligte en Sleutelwerksaamhede Kollekteer inligting oor voltooide werk en verwerk dit in Excel. Vergelyk voltooide werk-inligting met kwotasies, indien van toepassing. Stel vakatures op en stuur dit uit na kliënte.

Kommunikeer effektief met kliënte, personeel, verskaffers en ander via elektroniese media, telefonies of persoonlik. Bestel materiaal soos benodig. Doen marknavorsing om die beste aankoopspryse te verseker.

Bestuur sosiale media platforms (Facebook en WhatsApp) namens besigheid. Hanteer die optel en aflewering van materiaal en gereedskap. Voer daaglikse transaksies in op GloveSoft Sagteware.

Kritiese Vereistes Taal

Afrikaans en Engels (praat, lees, skryf).

Akademies

Moet Rekeningkunde en Wiskunde op skoolvlak bemeester het.

Rekenaarvaardig

Goeie kennis van Windows, Excel, Word en Outlook.

Bestuurslisensie

Geldige motorbestuurslisensie.

Persoonlikheid

Stiptelik, netjies en 'n nie-roker. Voordelige Vereistes Goeie gesondheid. Verkieslik woonagtig in Môregloed, Waverley of omliggende omgewing.

Basiese Eienskappe Ons soek iemand wat

Vriendelik Positief Eerlik Betroubaar Stiptelik Verdraagsaam is Spesifieke Verbode Aspekte Moenie rook nie.

Werksomgewing en Ure Werksplekke

Werk op verskeie persele.

Werksure

Maandag tot Vrydag, 07h00 tot 16h00.

Werksweek

Vaste werksweek.

Verlof en Vergoeding Gewone Jaarlikse Verlof

1 dag vir elke 17 dae gewerk.

Siekverlof

30 siekverlofdae binne 'n 3-jaar siekverlofsiklus.

Gesinsverlof

3 dae per jaarlikse verlofsiklus.

Vergoedingstipe

Per uur.

Besoldigingfrekwensie

Maandeliks.

Apply for Administrative Clerk / Administratiewe Klerk

Submit your application for this position at Ligpos Ltd

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position