Bestuurder van Finansiële Dienste Onderneming

Western Cape

Job Description

Klein Karoo Finansiële Dienste (Edms) Bpk is n filiaal van Klein Karoo (Edms) Bpk n landboubeheermaatskappy. Die maatskappy beskik tans oor die volgende vakature in Oudshoorn en nooi belangstellendes uit om aansoek te doen vir die betrekking: Bestuurder van Finansiële Dienste Onderneming PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE Bestuur van kliënte en verhouding met produkgewers. Kliënte behoeftebepaling, hoofsaaklik versekeringsprodukte.

Groei en uitbou van die onderneming. Handhawing van winsgewendheid met die verkoop van finansiële produkte en dienste. Bestuur van finansiële- en regsrisiko's.

O.a. voldoening aan FSCA vereistes. Versekeringseis administrasie. Operasionele/bedryfs- en kantooradministrasie.

Ander ad hoc- en diverse funksies soos vereis. MINIMUM VEREISTES Toepaslike naskoolse opleiding, asook RE5. Spesialis kennis te opsigte van versekeringsprodukte en ervaring van minimum 10 jaar.

Operasionele kennis ten opsigte van n finansiële dienste onderneming. Sistematiese persoon met sterk kommunikasievaardighede, skriftelik en mondelings. Kennis en ervaring van Syspro ERP stelsel sal voordelig wees.

Goeie administratiewe, finansiële en organisatoriese vaardighede en in staat om veelvuldige take gelyk te kan hanteer. Stuur n volledige CV en n dekkingsbrief van 1 bladsy (waarin u beskryf hoe u aan die vereistes voldoen, asook 'n aanduiding van u verwagte vergoeding). Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang word nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

Klein Karoo Finansiële Dienste behou die reg om geen aanstelling te maak nie.

Apply for Bestuurder van Finansiële Dienste Onderneming

Submit your application for this position at Klein Karoo Bpk

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position