Internskap: Junior Werwings en Operasionele Konsultant

Gauteng

Job Description

Internskap

Junior Werwing- en Operasionele Konsultant (Ligpos) Oor Ons Ligpos is 'n geregistreerde arbeid- en werwingsagentskap gebaseer in die Pretoria-streek. Ons is onvoorwaardelik en onomwonde n Christelike onderneming, met Jesus Christus as ons Koning, die Heilige Gees as ons dryfveer en die Vader as ons totale lewensbron. Vanuit hierdie belydenis werk ons nie volgens die tradisionele, stadige metodes van die bedryf nie; ons hanteer datawetenskap, strategiese netwerkanalise en taktiese markontginning om wetenskaplike akkuraatheid aan ons kliënte te lewer.

Ons glo in absolute eerlikheid, professionaliteit, hoë taalsuiwerheid (Afrikaans en Engels), en 'n kultuur waar individue eienaarskap van hul uitsette neem. Ons is op soek na gedrewe, passievolle interns wat bereid is om gevorderde metodologieë aan te leer en hulself te bewys in 'n vinnige, resultaatgedrewe omgewing.

Die Kern van Hierdie Internskap

Jy word betaal om te leer Belangrike Kennisgewing

Hierdie is nie n pos vir iemand wat beskou dat hulle reeds "klaar geleer" is en nou bloot net n inkomste wil genereer nie. Hierdie is n eksklusiewe en intensiewe studie- sowel as praktiese geleentheid. Jy word inderdaad betaal om te studeer en jouself te ontwikkel.

Die internskap is ook vir jong mense wat 'n voet in die deur wil kry - veral wat kon en wou studeer, maar nie die fondse daarvoor gehad het nie. Ons rig ons spesifiek op persone wat reeds n toepaslike teoretiese agtergrond het, maar nou die werklike, praktiese ondervinding wil opdoen om n top-vlak werwingskonsultant te word. Jy gaan nie bloot in die diepkant ingegooi word nie; ons stap die pad van module tot module saam met jou en begelei jou doelgerig vanaf n onervare (dog geleerde) individu na n uiters bekwame en gesogte spesialis in die bedryf.

Wat die Rol Behels Hierdie is nie 'n administratiewe "lessenaar-sit" pos nie. Jy gaan ingewy word in 'n omvattende, 13-module nasionale opleidingsprogram wat jou stap-vir-stap sal transformeer in 'n top-vlak konsultant. Uiteindelik sal jy verantwoordelik wees vir die volledige kommersiële pyplyn:

Markontginning

Identifisering en ontginning van nuwe sakegeleenthede en aktiewe vakatures via gevorderde digitale en fisiese jagmetodes.

Data-bestuur

Volledige en akkurate databestuur binne die Odoo CRM-stelsel om pyplyn-integriteit te verseker.

Multimedia-bemarking

Skepping van professionele, hoë-impak digitale bates en werwingsvideo's om handelsmerk-dominansie te vestifiseer. Kandidate-sifting (HUMINT): Die uitvoering van wetenskaplike, gestruktureerde onderhoude en die opstel van outomatiese sifting-reëls (ATS) om top-talent te identifiseer. Kliënteskakeling & Transaksie-sluiting: Direkte skakeling met korporatiewe besluitnemers, die verdediging van Ligpos se kern-personeelmodelle, en die wetlike belyning van plasings.

Minimum Vereistes Taalvaardigheid

Absolute vloeiendheid en korrekte, professionele taalgebruik in beide Afrikaans en Engels (gesproke en geskrewe).

Tegniese Aanleg

Gemaklik met digitale stelsels (CRM-stelsels, Google Workspace, en basiese multimedia-platforms).

Persoonlikheidseienskappe

'n Dik vel en die vermoë om koue markverwerping takties te hanteer. Die vermoë om kritiese terugvoer te verwerk sonder emosie (ons soek 'n raadgewer en kritiese klankbord, nie iemand wat sag hanteer wil word nie). Hoë vlak van selfdissipline en proaktiewe inisiatief.

Logistiek

Betroubare eie vervoer (kritiek vir latere veldwerkfases).

Kwalifikasie

'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie (Menslike Hulpbronne, Kommunikasie, Besigheidsbestuur, of verwant) sal 'n sterk aanbeveling wees, maar jou ingesteldheid en werksetiek is deurslaggewend. Wat Ons Bied 'n Gestruktureerde, praktiese internskapprogram met duidelike, kwantitatiewe prestasieteikens (KPI's) per module. Direkte mentorskap en blootstelling aan gevorderde besigheidstrategieë, arbeidsregtelike fondamente en gedregsekonomiese beginsels.

'n Duidelike loopbaanpad: Interns wat die harde bakens en kommersiële teikens suksesvol behaal, kwalifiseer vir permanente inskakeling en progressiewe kommissie-strukture binne die maatskappy se massaproduksie-enjin. Hoe om aansoek te doen As jy gereed is om jouself aan 'n streng, professionele en hoogs lonende uitdaging te onderwerp, dien jou aansoek hier in.

Let wel

Slegs kandidate wat aan die streng taalsuiwerheid- en kommunikasievereistes voldoen, sal vir die formele simulasie- en onderhoudfase oorweeg word.

Apply for Internskap: Junior Werwings en Operasionele Konsultant

Submit your application for this position at Ligpos Ltd

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position