Junior HR Beampte

Job Description

JUNIOR HR BEAMPTE Pas gegradueer? Begin jou HR-loopbaan hier! Is jy 'n entoesiastiese HR-gegradueerde met 'n passie vir mense, ontwikkeling en organisasiegroei?

Of het jy reeds 'n bietjie praktiese HR-ervaring en is jy gereed om jou loopbaan na die volgende vlak te neem? 'n Dinamiese organisasie in Bloemfontein is op soek na 'n Junior HR Beampte om hul span te versterk. Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir 'n jong HR-professionele persoon wat praktiese ervaring wil opdoen en blootstelling wil kry aan verskeie belangrike areas binne Menslike Hulpbronne.

JOU VERANTWOORDELIKHEDE * Bystand met organisasie-ontwikkeling, insluitend posbeskrywings, posontleding, afhandeling van diensbeëindiging en personeelbehoud * Bystand met vaardigheidsgaping-ontledings, talentbestuur en die ontwikkeling van opleidingsmateriaal * Bystand met prestasiestuur, insluitend prestasiemetings, ontwikkelingsplanne en proeftydperk-evaluasies * Ondersteuning van algemene HR-funksies en administrasie * Opstel en instandhouding van akkurate HR-verslae en dokumentasie As jy 'n gemotiveerde HR-gegradueerde is wat op soek is na 'n geleentheid om te leer, te groei en waarde toe te voeg binne 'n professionele omgewing, wil ons van jou hoor! WIE SOEK ONS? * 'n BCom-graad in Menslike Hulpbronne of relevante B.Soc.Sc-kwalifikasie * Onlangse gegradueerdes word sterk aangemoedig om aansoek te doen! * Enige praktiese HR-ervaring sal voordelig wees * 35 jaar relevante HR-ervaring sal 'n sterk voordeel wees * Geldige RSA-bestuurderslisensie en eie vervoer * 'n Honneursgraad in 'n relevante rigting sal voordelig wees DIE IDEALE KANDIDAAT Ons is op soek na iemand wat: Betroubaar en verantwoordelik is Uitstekende aandag aan detail het Goeie prioritisering- en organisasievaardighede het Onder druk kan funksioneer en veerkragtig is Goeie verslagdoeningsvaardighede het Resultaatgedrewe is 'n Positiewe ingesteldheid en 'n bereidwilligheid om te leer he

Apply for Junior HR Beampte

Submit your application for this position at Workers Holdings

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position