Kantoor- en Portefeulje-Assistent

Gauteng

Job Description

Posbenaming

Kantoor- en Portefeulje-Assistent Dienstipe

Voltyds, Permanent Standplaas: Pretoria-Oos / Rayton-streek Oor die Pos n Vakature is beskikbaar vir n veelsydige en hoogs praktiese Assistent om n unieke, gekombineerde rol te vervul. Hierdie pos is spesifiek ontwerp vir n "all-rounder" wat professionele administratiewe en boekhoudkundige funksies vaardig kan kombineer met algemene fasiliteitsbestuur en logistieke ondersteuning. Die ideale kandidaat beskik oor n sterk aanvoeling vir syfers, het n hand-aan-die-ploeg mentaliteit en hanteer uiteenlopende take en funksies met dieselfde vlak van professionele trots en deeglikheid.

Sleutelpligte en Verantwoordelikhede 1. Administrasie & Finansiële Ondersteuning: Algemene kantooradministrasie, bemarkingsfunksies en klerklike ondersteuning. Basiese boekhouding, kostebestuur en die prosessering van finansiële dokumentasie (fakture, kwitansies en bankrekonsiliasies) vir aangewese sakeportefeuljes (insluitend die konstruksiesektor).

2.

Fasiliteitsbestuur & Logistieke Bystand

Instandhouding

Verantwoordelik vir die periodieke skoonmaak, netjieshou en organisasie van aangewese fasiliteite en geassosieerde eiendomme.

Logistiek en ad-hoc take

Hantering van praktiese take, wat insluit algemene huishoudelike koördinering op die perseel, afhaal of verkryging van pakkies of inkopies, en ad-hoc bystand/logistieke sorg (insluitend skool of kindersorgbystand indien en wanneer vereis).

Vereistes en Profiel Vaardighede

Goeie rekenaarvaardigheid en n akkurate aanvoeling vir basiese boekhouding en syfers.

Gesindheid

Uiters prakties ingestel met die ingesteldheid dat geen taak te klein of minderwaardig is nie. Hardwerkend en akkuraat, of die werk voor n rekenaar of tydens fisiese fasiliteitsbestuur plaasvind.

Eienskap

Hoogste vlak van diskresie, betroubaarheid en die vermoë om selfstandig te werk sonder konstante toesig.

Taalvaardigheid

Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (beide mondeling en skriftelik).

Logistiek

In besit van n geldige Suid-Afrikaanse bestuurderslisensie en betroubare eie vervoer. Vergoeding Markverwante vergoeding afhangend van vaardighede en agtergrond.

Mense wat nie moet aansoek doen nie

Persone wat slegs n formele, uitsluitlike korporatiewe kantoorpos soek. Persone wat huiwerig is om fisiese skoonmaakwerk of ad-hoc praktiese take te verrig.

Apply for Kantoor- en Portefeulje-Assistent

Submit your application for this position at Ligpos Ltd

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position