Koste Rekenmeester

Job Description

Ons onderneming fokus op die ontwikkeling, finale verwerking, verpakking en bemarking van droëvrugte, neute en verwante spesialiteitsprodukte vir die Suid-Afrikaanse en internasionale kleinhandel. Die volgende loopbaan geleentheid het by ons verwerkings- en verpakkingsaanleg in die Ceres-vallei ontstaan. KOSTE REKENMEESTER Die posbekleër vorm deel van 'n dinamiese finansiële span en rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder.

Werksaktiwiteite sluit o.a. in: - deurlopende instandhouding en skep van nuwe “Bill of Materials” (BoM’s) - analisering van bruto wins marges - data versameling, analisering en verslagdoening van die koste drywers in die produksie proses - jaarlikse prys verhoging berekeninge en opstel van pryslyste - opstel van jaarlikse begroting vir verkope en aankope van voorraad - allokasie van voorraad aan kliënte en maandelikse bestuur hiervan - voorbereiding van voorraad verslae en bestuursinligting - maandelikse rekonsiliasies en finansiële afsluitings - bestuur van voorraad tellings en analisering van voorraad afwykings - assisteer met voorbereiding vir jaarlikse finansiële oudit - standaard koste verslae en analisering van afwykings - vermoë om die produksie proses te verstaan en te kan analiseer - koördinering en bestuur van relevante inligting, dokumentasie en navrae - skakeling met interne en eksterne partye soos nodig Die volgende vaardighede is belangrik: - om teiken datums stiptelik na te kom - om onder druk gefokus en akkuraat te kan funksioneer - goeie tysdbestuur - om ‘n goeie spanspeler te wees, maar ook onafhanklik te kan werk - gevorderde MS Excel vaardighede Kandidate wat oor ‘n BComm graad (Bestuursrekeningkunde) en bewese werkservaring (minstens 2 tot 4 jaar) beskik, is welkom om aansoek te doen. Die vergoedingspakket sal markgerig wees. Marianne Rousseau ontvang alle navrae en aansoeke vertroulik.

Indien u nie binne 6 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat alternatiewe besluite geneem is. Ons hou nietemin u CV op rekord vir moontlike toekomstige verwysing.

Apply for Koste Rekenmeester

Submit your application for this position at National Training Institute

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position