Job Description
Ons is opsoek na 'n Na-verkope Bestuurder (Meganisasie) vir 'n pos in Clocolan (Hlohlolwane) in die Vrystaat.
Kern doel van die pos
Effektiewe oorhoofse beheer en bestuur van landboumeganisasie onderdele en werkswinkel om ‘n volhoubare diens te lewer aan alle OVK Groep kliënte met winsgewindheid.
Minimum Vereistes
Onderdele en/of werkswinkel bemarking en bestuursondervinding is ‘n vereiste;
Gekwalifiseerde landbouwerktuigkundige met die fokus op presisie boerdery tegnologie; asook ten minste 'n suksesvolle Graad 12/Matriek.
5-10 jaar ervaring in ‘n meganisasie (trekkers, stropers en spuite), onderdele en werkswinkel omgewing;
Geldige rybewys en bereid om te reis.
Vaardighede
Rekenaarvaardig;
Goeie kommunikasie in Afrikaans en Engels;
Personeelbestuur;
Natuurlike vermoë om in kompeterende landbou omgewing suksesvol te funksioneer;
Onderhandelingsvaardighede;
Onder druk kan funksioneer;
Goeie mensekennis.
Verantwoordelikhede
Finansiële bestuur;
Personeelbestuur;
Beheer en bestuur van administrasie;
Mark aandeel groei;
Bestuur en onderhoud van bates;
Voorraadbestuur. Permanent. Salaris onderhandelbaar.
Apply for Na-verkope Bestuurder - Meganisasie
Submit your application for this position at FM Staff
Ready to Apply?
Submit your application for this position