Operasionele Instandhouer

Gauteng
R84K+

per year

Job Description

BESONDERHEDE VAN POS NB

Toetsperiode van 'n week voordat werkaanbod aanvaar word.

Posbenaming

Operasionele Instandhouer Arbeidsveld

Metaalwerksentrum Beskrywing van werk

Hy gaan algemene instandhouding doen en sorg vir operasionele onderhouding en instandhouding om te sorg dat alle toerusting vir die operasies gereed is vir operasionele doeleindes. Hy het ad hoc en geskeduleerde werk wat hy daarvoor moet doen. Hy is ook verantwoordelik dat die terrein netjies en operasioneel optimaal is.

Lys algemene pligte en sleutelwerksaamhede

Sorg vir alle operasionele toerusting en area sodat operasie optimaal funksioneer. Help met ad hoc take soos voorgese word. Volg werkskaart.

Kandidaat vereistes Die Kliënt verwag dat die Werknemer sal voldoen aan die volgende vermoëns, vaardighede, kwalifikasies en opleiding:

Kritiese vereistes waaraan die werknemer moet voldoen

Hy moet stiptelik wees. Hy moet netjies wees en detail georienteerd Hy moet vooruit kan dink om te kan bepaal wat prioriteit is en effektief take kan afhandel Hy moet tegnies aangele wees. Moet selfoon he wat werk.

Moet aan voorwaardes van Qualitek se werksooreenkoms voldoen.

Voordelige vereistes waaraan die werknemer moet voldoen

Bestuurslisensie of dit so spoedig as moontlik kry Basiese eienskappe waaroor die Werknemer moet beskik: Hy moet pligsgetrou, lojaal en eerlik wees. Hy moet stiptelik en puntenerig wees. Hy moet nie bang wees vir werk nie.

Goeie gesindheid teenoor die Klient en gesag vertoon met goeie kommunikasie vaardighede teenoor die kliënte se kliënte. Basiese vaardighede wat Werknemer sal ontvang van Kliënt: Tegniese aanleg.

Plek van opleiding

Kliënt se werkwinkel Duur van die opleiding:

Solank as wat in diens is Kostes van die opleiding: Werknemer ontvang opleiding gratis, maar waarde is R60 000 werd. Ander reëlings i.v.m. opleiding: Werknemer werk onder gesag van senior persoon wat bo hom aangestel is deur klient. Verdere opleiding wat van die werknemer verwag word om van n derde party te ontvang: Moontlik soos kliënt nodig mag vind Plek van opleiding:

NVT Duur van die opleiding

NVT Kostes van die opleiding

NVT Ander reëlings i.v.m. opleiding:

NVT Moontlikhede van bevorderings

Ja Diensperiodes ter sprake Indiensnemingsdatum

Saterdag 12 Julie 2025 Werksure & Werksdae Gewone werksure en werksdae 45 ure per week Werksweek : Vasgesteld VERLOF Die werker se verlofgeld is ingesluit by sy uurlikse betaling. Hy word nie addisioneel verlof betaal nie. Daar sal Christelike vakansiedae gehandhaaf word, maar nie vakansiedae soos nasionaal voorkom nie.

Die Werknemer het die reg om enige tyd verlof te neem, hetsy jaarlikse verlof, gesinsverlof, siekverlof wat reeds in sy loon ingereken word.

ENDDATUMS Kennisgewing tydperk

1 week indien minder as 6 maande gewerk. 2 weke indien meer as 6 maande maar minder as 'n jaar gewerk het. 4 weke indien langer as 'n jaar gewerk het.

Duur van kontrak

3 maande Beëindigingsdatum van pos. 3 maande Werknemer Vergoeding per uur Klient diensgeld per uur: R56.25 Klient gemiddelde diensgeld per week: R2250.00 Gemiddelde werksure per week: 40 Werknemer se Loon / uur: R44,84 Oortydbetalingskaal: R67.26 Gemiddelde Werknemer se loon / week: R1.793,60 Enige addisionele aspek rakende betaling: Alle verlofgeld word aan werknemer uitbetaal as volle betalingsbedrag. Hy word slegs betaal vir ure wat hy werk.

Daar is ook boetesisteem in plek, wat afgetrek mag word indien beboet. Ander reëlings rakende betaling Frekwensie van besoldiging:

Weekliks Moontlikheid van bevordering in die pos

Op meriete Verdere opleiding Plek van opleiding In Kliënt se werksplek Duur van opleiding Solank as die werkgewer by Kliënt werk Basiese vaardighede opleiding Metaalwerk DERDE PARTY OPLEIDING Verdere opleiding wat van die werknemer verwag word om van n derde party te ontvang. Ander reëlings oor opleiding Moontlik soos kliënt nodig mag vind Basiese vaardighede opleiding (3de party) Geen

Apply for Operasionele Instandhouer

Submit your application for this position at Ligpos Ltd

Add a few notes about your experience first for a more personal draft. You can edit the draft before submitting.

PDF, DOC, or DOCX (max 5MB)

Ready to Apply?

Submit your application for this position