Plaaswerker Chrissiesmeer
per year
per year
VAKATURE
ALGEMENE PLAASWERKER Ligpos Werwingsagentskap nooi 'n toegewyde, netjiese en verantwoordelike kandidaat uit om aansoek te doen vir 'n Algemene Plaaswerker -posisie by 'n gevestigde boerdery in die Chrissiesmeer-omgewing (Mpumalanga) .
Posisie-oorsig Postitel
Algemene Plaaswerker Bedryf
Landbou (Gemengde Boerdery Vee & Landerye)
Ligging
Chrissiesmeer, Mpumalanga Diensaanvaarding: 6 April 2026 Vergoeding: Net onder R9 000 per maand (Bruto)
Verblyf
Netjiese plaasbehuising is beskikbaar op die perseel Oor die Rol Die suksesvolle kandidaat sal 'n sleutelrol speel in die daaglikse bedrywighede van die boerdery . Die rol behels die hantering van vee (skape en beeste) sowel as werk op die landerye (mielies en soyas) . Die werk sal oor verskeie persele van die boerdery plaasvind .
Sleutelverantwoordelikhede & Pligte Trekkerbestuur
Veilige, doeltreffende en sorgsame bestuur van trekkers en plaas-implemente .
Veehantering
Daaglikse versorging, monitering en hantering van skape en beeste .
Landbou-aktiwiteite
Assistensie met die voorbereiding, plant, onderhoud en stroping van mielie- en soyalanderye .
Toerustingonderhoud
Sorgsame hantering, pas op en instandhouding van die boerdery se toerusting en gereedskap .
Persele
Bereidwilligheid om buigsaam op verskillende plaas-persele te werk soos vereis .
Kritiese Vereistes & Profiel Status
Ongetroud .
Nietroker
Kandidaat mag nie rook nie (nie-onderhandelbare vereiste) .
Vaardigheid
Bewese ervaring en vaardigheid in trekkerbestuur .
Persoonlikheid
Eerlik, betroubaar, skoon en netjies op homself sowel as op sy werkspasie .
Werksetiek
Sterk pligsbesef, verantwoordelik en ingestel daarop om na die boerdery se bates en toerusting om te sien .
Werksure & Verlofvoorwaardes Gewone Werksure
Maandae tot Vrydae
07:00 17:00 Saterdae: 07:00 12:00 (Aangepaste en verlengde werksure geld gedurende die plant- en stroopseisoen) .
Jaarlikse Verlof
Gewone verlof word toegestaan vanaf Kersfees tot na Nuwejaar .
Siekverlof
30 siekverlofdae in 'n 3-jaar siekverlofsiklus .
Gesinsverlof
3 dae per jaarlikse verlofsiklus .
BELANGRIKE AANSOEKINSTRUKSIES EN KENNISGEWING
Slegs Aanlyn Aansoeke
GEEN aansoeke of CV's word per e-pos of WhatsApp aanvaar nie. Alle aansoeke moet uitsluitlik plaasvind op die plekke wat aangedui word in die amptelike aanlyn aansoekproses . Aansoeke wat per e-pos of WhatsApp gestuur word, sal nie verwerk of oorweeg word nie .
Werwingsagentskap Kennisgewing
Ligpos is 'n werwingsagentskap . Ons is afhanklik van ons kliënt se tyd en interne prosesse om die finale aanstelling te maak . Indien jy nie binne 4 weke na jou aansoek enige terugvoer ontvang nie, kan jy aanneem dat jou aansoek vir hierdie spesifieke pos onsuksesvol was, óf dat die kliënt die aansoek/pos teruggetrek het .
Jou name en besonderhede bly egter op ons stelsel geregistreer sodat ons jou direk kan kontak indien daar in die toekoms 'n ander soortgelyke pos ontstaan .
Submit your application for this position at Ligpos Ltd
Submit your application for this position